3 en maak die hele vergadering bymekaar by die ingang van die Tent van Ontmoeting.”
4 Moshe het gedoen soos יהוה hom beveel het en toe die vergadering bymekaargekom het by die ingang van die Tent van Ontmoeting,
5 sê Moshe vir die vergadering: “Dit is wat יהוה beveel het om gedoen te word.”
6 Moshe het Aharon en sy seuns laat naderkom en hulle met water gewas.
7 Hy het vir hom die kleed aangetrek, hom met die gordel omgord en vir hom die bokleed aangetrek; hy het ook vir hom die skouerstuk aangetrek en hom omgord met die geweefde band van die skouerstuk en daarmee die skouerstuk aan hom vasgebind.
8 Hy het toe vir hom die borsplaat aangesit en die Urim en die Tumim in die borsplaat gesit.
9 Hy het ook die tulband op sy kop gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die afgesonderde kroon, gesit, soos יהוה Moshe beveel het.