31 Moshe sê vir Aharon en sy seuns: “Kook die vleis by die ingang van die Tent van Ontmoeting en eet dit daar saam met die brood wat in die mandjie vir die toewydingsoffer is, soos ek beveel en voor gesê is: ‘Aharon en sy seuns moet dit eet.’
32 Wat ook al van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
33 Julle mag vir sewe dae lank nie by die ingang van die Tent van Ontmoeting uitgaan nie; vir die dae van julle toewyding om vervul te word. Vir sewe dae lank sal Hy julle hand bevestig.
34 Soos hy vandag gedoen het, het יהוה beveel om te doen, om vir julle toedekking te bring.
35 Julle moet daarom by die ingang van die Tent van Ontmoeting bly, dag en nag, sewe dae lank; julle moet die opdragte van יהוה hou sodat julle nie sterf nie, want so is ek beveel.”Lev 10:1,2
36 So het Aharon en sy seuns alles gedoen wat יהוה deur die hand van Moshe beveel het.