1 Dit het gebeur dat op die agtste dag Moshe vir Aharon, sy seuns en die oudstes van Yisra’el geroep het
2 en vir Aharon gesê het: “Vat vir jouself ’n bulkalf as sondoffer en ’n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek en offer hulle voor יהוה.”
3 Praat dan met die seuns van Yisra’el en sê: “Vat ’n bokram as sondoffer en ’n kalf en ’n lam, altwee een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,
4 asook ’n bul en ’n ram as vredesoffer, om voor יהוה te offer en ’n graanoffer met olie gemeng, want vandag sal יהוה aan julle verskyn.”