5 dan sal Ek naderkom na julle toe vir oordeel en Ek sal ’n vinnige Getuie wees teen die towenaars, teen die egbrekers, teen die wat vals sweer, teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees onderdruk en teen die wat die vreemdeling wegwys en My nie respekvol vrees nie,” sê יהוה-Tzva’ot,Ya’a 1:17 daarom is julle, seuns van Ya’akov, nie verteer nie.
6 “want Ek, יהוה, verander nie;
7 Vanaf die dae van julle vaders het julle van My instellings af weggedraai en hulle nie gehou nie. Keer terug na My en Ek sal na julle toe terugkeer,” sê יהוה-Tzva’ot, “maar julle vra: “Waarin moet ons terugkeer?”
8 “Mag ’n mens God beroof? Tog beroof julle My, maar julle sê: ‘Hoe het ons U beroof?’ In tiendes en offergawes.
9 Julle is met ’n vloek vervloek, want julle, die hele nasie, steel van My!
10 Bring die hele tiende na die stoorkamer sodat daar kos in My huis kan wees en toets My nou hierin,” sê יהוה-Tzva’ot, “of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak en vir julle ’n seën sal laat uitvloei totdat dit oorloop, nie,
11 dan sal Ek die vreter vir julle bestraf sodat dit nie die opbrengs van die grond sal vernietig nie en ook sal julle wingerdstok op die land nie sy vrug afgooi nie,” sê יהוה-Tzva’ot.