1 Wee die wat onreg beplan, wat boosheid uitwerk op hulle beddens! Wanneer die oggend kom, doen hulle dit, want dit is in die mag van hulle hande.
2 Hulle begeer lande en vat dit en huise en vat hulle weg. Hulle beroof ’n man en sy huis, ’n man en sy erfenis.”
3 יהוה sê daarom: “Let op, Ek beplan ’n katastrofe teen hierdie familie, waaruit julle jul nekke nie sal kan uittrek nie en julle sal nie trots kan rondloop nie, want dit sal ’n bose tyd wees.
4 In dié dag sal hulle ’n spotlied oor julle opneem en ’n bitter klaaglied sing: ‘Ons is volkome vernietig! Hy verruil die deel van my volk; Hy vat dit weg van my! Hy verdeel ons velde onder die afvalliges;’