9 Nou, waarom roep jy hardop uit? Is daar geen koning in jou nie, of het jou raadgewer omgekom dat smart jou aangegryp het soos vir ’n vrou wat geboorte gee?
10 Krimp inmekaar en werk om geboorte te gee, dogter van Tziyon, soos ’n vrou wat geboorte gee, want nou sal jy uit die stad uitgaan, in die veld bly en na Bavel gaan. Daar sal jy gered word; dáár sal יהוה jou loskoop uit die hand van jou vyande.
11 Nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: ‘Laat haar onteer word en laat ons oë lekker kry oor Tziyon.’
12 Hulle ken egter nie die gedagtes van יהוה nie en hulle verstaan nie Sy doel nie, want Hy sal hulle soos gerwe vir die dorsvloer versamel.
13 Staan op en dors, o dogter van Tziyon, want Ek sal jou horing yster maak en jou hoewe koper sodat jy baie volke kan fyntrap; dat jy hulle onregverdige wins aan יהוה kan toewy en hulle rykdom aan die Meester van die hele aarde.