7 Wat my egter betref, ek sal met verwagting uitkyk vir יהוה; ek sal wag vir die God van my verlossing. My God sal my hoor.
8 Moenie bly wees oor my nie, o my vyand. Alhoewel ek val, sal ek opstaan; alhoewel ek in duisternis loop, is יהוה ’n Lig vir my.
9 Ek sal die verontwaardiging van יהוה dra, want ek het teen Hom gesondig totdat Hy my saak verdedig en my regverdig oordeel. Hy sal my uitbring na die Lig en ek sal Sy onpartydige opregtheid sien;
10 dan sal my vyand dit sien en skaamte sal haar bedek wat vir my gesê het: “Waar is יהוה, jou God?” My oë sal na haar kyk; in daardie tyd sal sy vertrap word soos die slik van die strate.
11 Daar kom ’n dag om jou mure te herbou! Op daardie dag sal jou grense uitgebrei word.
12 Dit sal ’n dag wees dat hulle na jou toe sal kom vanaf Ashur en vanaf die stede van Mitzrayim, vanaf Mitzrayim selfs tot by die Eufraat, selfs van see tot see en van berg tot berg.
13 Die aarde sal verlate word vanweë sy inwoners, as gevolg van die vrug van hulle dade.