1 Dit het in die dae toe die regters regeer het, gebeur dat daar ’n hongersnood in die land was. ’n Sekere man uit Beit-Legem in Y’hudah het in die land van Mo’av gaan bly, hy en sy vrou en sy twee seuns.
2 Die naam van die man was Elimelekh, die naam van sy vrou Na’omi en die name van sy twee seuns was Maglon en Kilyon, Efrayimiete, uit Beit-Legem in Y’hudah en hulle het na die land van Mo’av gegaan om daar te bly.
3 Elimelekh, Na’omi se man, het gesterf en sy het haar twee seuns gehad.
4 Hulle het vir hulle vroue gevat uit die Mo’avitiese vroue; die naam van die een was `Orpah en die naam van die ander was Rut en hulle het omtrent tien jaar daar gebly.
5 Maglon en Kilyon het albei gesterf en die vrou is ontneem van haar twee seuns en haar man.