16 Rut sê vir haar: “Dit is ver van my om weg te draai daarvan om u te volg en u te los, want waar u gaan, sal ek gaan en waar u bly, sal ek bly; u volk sal my volk wees en u God my God.
17 Waar u sterf, sal ek sterf en daar begrawe word! Mag יהוה so aan my doen en ook meer, as selfs die dood my van u kan skei.”
18 Toe Na’omi sien dat sy vasbeslote was om saam met haar te gaan, het sy opgehou om haar te pols om terug te gaan.
19 Hulle het saam gegaan totdat hulle by Beit-Legem in Y’hudah gekom het. Toe hulle in Beit-Legem kom, het dit gebeur dat die hele stad oor hulle verheugd was en hulle het gesê: “Is dit Na’omi?”
20 Sy het vir hulle gesê: “Noem my nie Na’omi nie, maar noem my Mara, want die Almagtige het bitterlik met my gewerk.
21 Vol het ek van hier af weggetrek en יהוה het my leeg teruggebring; hoekom my Na’omi noem, aangesien יהוה my verneder het en my deeglik geteister het?”
22 Na’omi het só teruggekeer en Rut, die Mo’aviet, haar skoondogter, wat heelhartig bereid was om saam met haar terug te gaan, saam met haar. Hulle het vanaf die land van Mo’av in Beit-Legem aangekom aan die begin van die gars oes.