2 Rut, die Mo’aviet, het vir Na’omi, haar skoonmoeder gesê: “Laat my nou na die land toe gaan en are optel agter die snyers in wie se oë ek guns mag vind.” Haar skoonmoeder antwoord haar: “Gaan my dogter.”
3 Rut het gegaan om are graan op te tel agter die snyers; dit het gebeur dat sy op ’n stuk land gekom het wat aan Bo’az behoort, wat familie was van Elimelekh.
4 Let op, Bo’az het uit Beit-Legem gekom en aan die snyers gesê: “Vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid vir julle.” Hulle het hom geantwoord: “יהוה seën u!”
5 Toe sê Bo’az vir die jongman wat in beheer was van die snyers: “Wie se jong vrou is hierdie?”
6 Die jongman antwoord en sê vir hom: “Dit is die Mo’avitiese vrou wat saam met Na’omi teruggekom het vanaf die land van Mo’av
7 en sy het gesê: ‘Laat my die are graan agter die snyers optel. Sy het vanaf die oggend tot die tyd van rus toe opgetel.”
8 Toe sê Bo’az vir Rut: “My dogter, het jy nie die spreuk gehoor: ‘Moenie graan optel in ’n land wat nie joune is nie?’ Bly daarom hier en bly naby my diensmeisies.