7 Swyg voor יהוה-God, want die dag van יהוה is naby, want יהוה het ’n offer voorberei, Hy het Sy gaste afgesonder,
8 dan sal dit gebeur op die dag van יהוה se offer dat Ek die prinse, die koning se seuns en almal wat vreemde klere aantrek, sal straf.
9 Ek sal ook op dié dag almal wat geweld pleeg, wat die huis van hulle Meester vul met dinge wat verkry is deur afpersing en geweld, straf.
10 Op daardie dag,” verklaar יהוה, “sal daar vanaf die Vispoort die klank van ’n uitroep wees, ’n gehuil vanaf die Tweedepoort en ’n groot geraas vanaf die heuwels!
11 Huil, o inwoners van die Laagte, want al die mense van Kena’an sal stilgemaak word; almal wat silwer afweeg sal afgesny word.
12 Dit sal in dié tyd gebeur dat Ek Yerushalayim sal deursoek met lampe en die manne wat stagnant van gees is, wat in hulle verstand, wil en emosie sê: ‘יהוה sal nie goed of boos doen nie, straf.’
13 Meer nog, hulle rykdom sal plunder word en hulle huise verlate; ja, hulle sal huise bou, maar nie in hulle woon nie en wingerde plant, maar nie hulle wyn drink nie.”1 Thes 5:2