1 Wee haar wat rebels en onteer is, die stad van Yonah.
2 Sy het na geen stem geluister nie, sy het geen dissipline aanvaar nie. Sy het nie op יהוה vertrou nie, sy het nie nadergekom na haar God toe nie.
3 Haar prinse binne-in haar is brullende leeus; haar regters is wolwe in die aand; hulle los niks vir die oggend nie.
4 Haar profete is ligsinnig, onbetroubare manne; haar priesters het die afgesonderde plek onteer. Hulle het die wet verkrag.
5 יהוה is regverdig binne-in haar; Hy sal geen onregverdige oordeel vel nie; elke oggend laat Hy Sy regverdige oordeel aan die lig kom, Hy faal nie, maar die onregverdige ken geen skaamte nie.
6 “Ek het nasies afgesny; hulle hoektorings is verwoes. Ek het hulle strate verlate gemaak, met niemand wat verbygaan nie; hulle stede is verwoes, sonder ’n mens, sonder ’n inwoner.
7 Ek het gesê: ‘Jy sal My sekerlik respekvol vrees, van My dissipline aanvaar.’ Haar blyplek sal nie afgesny word nie, volgens alles wat Ek aangaande haar aangestel het nie, maar hulle was ywerig om al hulle dade korrup te maak;