1 Die visioene van Yesha’yahu, die seun van Amotz, wat hy gesien het met betrekking tot Y’hudah en Yerushalayim, wat hy gesien het tydens die heerskappye van `Uziyahu, Yotam, Agaz en Hizkiyahu, konings van Y’hudah.
2 “Luister, o hemele en luister, o aarde, want יהוה praat: “Ek het seuns groot gemaak en tot groot hoogtes gebring, maar húlle het teen My in opstand gekom.
3 Selfs ’n os ken sy weiplek en ’n donkie die krip van sy meester, maar Yisra’el ken nie een van die twee nie en My volk verstaan nie wat dit beteken nie.
4 Wee ’n sondige nasie; ’n volk neergedruk met skuld, nageslag van wetteloses, seuns wat korrup optree! Julle het יהוה verlaat. Julle het die Afgesonderde van Yisra’el verag, julle het van Hom af weggedraai.
5 Waar sal julle nog geslaan word, aangesien julle voortgaan in rebellie? Die hele kop is siek en die hele binneste is swak.