12 As julle kom om voor My Teenwoordigheid te verskyn, wie vereis dit van julle, hierdie vertrapping van My voorhowe?
13 Moenie langer julle waardelose offergawes bring nie; wierook is ’n gruwel vir My. Nuwemaan en Shabbat, die uitroep van byeenkomste; Ek kan nie oortredinge saam met die ernstige byeenkomste verdra nie!
14 Ek haat julle Nuwemaanfeeste en julle aangestelde feestye; hulle het vir My ’n las geword; Ek is moeg om dit te dra.1 Tim 2:8 sal Ek My oë vir julle toemaak; ja, selfs al vermenigvuldig julle gebede, Ek sal nie luister nie. Julle hande is oortrek met bloed.
15 Wanneer julle jul hande uitsprei,Ya’a 4:8; 1 Yog 1:7-9 verwyder die boosheid van julle dade uit My sig. Hou op om boos te doen,
16 Was julleself, maak julleself skoon;Ya’a 1:27
17 leer om goed te doen; soek regverdige oordeel, bestraf die gewetenlose, verdedig die weeskinders, verdedig die saak van die weduwee.Ps 51:9
18 Kom nou en laat ons saam redeneer,’ sê יהוה: ‘Alhoewel julle sondes soos skarlaken is, sal dit so wit wees soos sneeu; alhoewel hulle so rooi is soos karmosyn, sal dit wees soos wol.