3 Selfs ’n os ken sy weiplek en ’n donkie die krip van sy meester, maar Yisra’el ken nie een van die twee nie en My volk verstaan nie wat dit beteken nie.
4 Wee ’n sondige nasie; ’n volk neergedruk met skuld, nageslag van wetteloses, seuns wat korrup optree! Julle het יהוה verlaat. Julle het die Afgesonderde van Yisra’el verag, julle het van Hom af weggedraai.
5 Waar sal julle nog geslaan word, aangesien julle voortgaan in rebellie? Die hele kop is siek en die hele binneste is swak.
6 Vanaf die voetsool tot die kop is daar niks reg nie, net kneusplekke, opswellings en rou wonde; nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
7 Julle land is verlate, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid; dit is ’n verlatenheid asof deur vreemdes vernietig.
8 Die dogter van Tziyon is verlate soos ’n skerm in ’n wingerd, soos ’n wagtershut in ’n komkommerveld, soos ’n beleërde stad.Rom 9:29
9 As יהוה-Tzva’ot nie vir ons ’n bietjie oorblywendes oorgelos het nie, sou ons soos S’dom geword het, ons sou soos `Amorra gewees het.