5 Waar sal julle nog geslaan word, aangesien julle voortgaan in rebellie? Die hele kop is siek en die hele binneste is swak.
6 Vanaf die voetsool tot die kop is daar niks reg nie, net kneusplekke, opswellings en rou wonde; nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
7 Julle land is verlate, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid; dit is ’n verlatenheid asof deur vreemdes vernietig.
8 Die dogter van Tziyon is verlate soos ’n skerm in ’n wingerd, soos ’n wagtershut in ’n komkommerveld, soos ’n beleërde stad.Rom 9:29
9 As יהוה-Tzva’ot nie vir ons ’n bietjie oorblywendes oorgelos het nie, sou ons soos S’dom geword het, ons sou soos `Amorra gewees het.
10 Hoor die woord van יהוה, heersers van S’dom! Luister na die instruksies van ons God, mense van `Amorra!1 Sh'm 15:22; Mat 9:13; Mat 12:7
11 ‘Wat is julle vermenigvuldigde slagoffers vir My?’ sê יהוה. ‘Ek het genoeg gehad van die brandoffers van ramme en die vet van gevoerde kalwers; Ek het geen plesier in die bloed van bulle, lammers of bokke nie.