17 Die Lig van Yisra’el sal ’n vuur word en Sy Afgesonderde Een ’n vlam; dit sal brand en sy distels en sy dorings in ’n enkele dag verteer.
18 Hy sal ook die lof en eer van sy woud en van sy vrugbare velde vernietig, beide lewe en liggaam en dit sal wees soos wanneer ’n siek man wegkwyn.
19 Die res van die bome van sy woud sal so min in getal wees dat ’n kind dit kan opskryf.
20 In dié dag sal die wat oorgebly het van Yisra’el en die wat ontvlug het van die huis van Ya’akov, nooit weer steun op die een wat hulle geslaan het nie, maar hulle sal in waarheid steun op יהוה, die Afgesonderde Een van Yisra’el.
21 Die wat oorbly, die wat oorbly van Ya’akov, sal terugkom na die Magtige God,Yeg 20:38 hulle getalle verminder, afgesny, maar wat oorloop van onpartydige opregtheid,Rom 9:28
22 want al mag jou mense, o Yisra’el, wees soos die sand van die see, sal net ’n deeltjie van hulle, wat oorbly, terugkom;
23 want ’n volkome verwoesting, een wat beveel is, sal die Meester, יהוה-Tzva’ot, uitvoer reg deur die hele aarde;