22 want al mag jou mense, o Yisra’el, wees soos die sand van die see, sal net ’n deeltjie van hulle, wat oorbly, terugkom;
23 want ’n volkome verwoesting, een wat beveel is, sal die Meester, יהוה-Tzva’ot, uitvoer reg deur die hele aarde;
24 daarom, so sê die Meester, יהוה-Tzva’ot: “O, My volk wat in Tziyon bly, moenie vir Ashur vrees wat jou met die lat slaan en sy staf teen jou oplig op die manier wat Mitzrayim gedoen het nie,
25 want in ’n baie kort rukkie sal My verontwaardiging verby wees en My woede as gevolg van hulle vernietiging.”
26 יהוה-Tzva’ot sal ’n gésel teen hom oplig soos met die slagting van Midyan by die rots van `Orev en Sy staf sal oor die see wees en Hy sal dit oplig op die manier wat Hy in Mitzrayim gedoen het.
27 So sal dit wees in dié dag dat sy las verwyder sal word van jou skouer af en sy juk van jou nek en die juk sal vernietig word as gevolg van jou salwing.
28 Hy het teen `Ayat gekom; hy het deur Migron getrek; by Mikhmas het hy sy bagasie neergesit.