28 Hy het teen `Ayat gekom; hy het deur Migron getrek; by Mikhmas het hy sy bagasie neergesit.
29 Hulle het deur die pas gegaan en gesê: “Geva sal ons blyplek wees!” Ramah is vreesbevange en Giv’at van Sha’ul het weggevlug.
30 Skreeu dit hard uit met jou stem, o Bat-Gallim! Gee aandag, Layish en arme `Anatot!
31 Madmenah het gevlug, die inwoners van Gevim het skuiling gesoek!
32 Vandag nog sal hy stop in Nov; hy swaai sy vuis teen die berg van die dogter van Tziyon, teen die heuwel van Yerushalayim!
33 Let op, die Meester, יהוה-Tzva’ot, slaan met ’n verskriklike slag die takke af, ook dié wat hoog van postuur is, sal afgekap word en die wat hoogmoedig is, sal verneder word.
34 Hy sal die digtheid van die woud met ’n yster afkap en die L’vanon sal val deur die Magtige Een.Mat 2:23 uitspruit uit die stomp van Yishai en ’n Tak vanuit sy wortels sal vrugte dra.Open 5:5