6 Die wolf sal by die lam bly, die luiperd sal by die jong bokkie gaan lê, die kalf, die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar en ’n klein seuntjie sal hulle lei.
7 Die koei en die wyfie beer sal ook wei, hulle jonges sal saam lê en die leeu sal strooi eet soos die os.
8 Die suigeling sal by die gat van ’n kobra speel en die gespeende kind sal sy hand sit op die adder se nes.
9 Hulle sal nie seermaak of vernietig op My volkome afgesonderde berg nie, want die aarde sal vol wees van die kennis van יהוה soos die waters die see bedek.Mat 2:23; Hand 3:21
10 Dan, in daardie dag, sal die nasies hulle toevlug neem na die Wortel van Yishai, wat sal staan as ’n Banier vir die volke en Sy rusplek sal wonderlik wees.
11 Dan sal dit gebeur op daardie dag dat יהוה weer vir die tweede keer met Sy hand, dié wat oorbly van Sy volk, vanuit Ashur, Mitzrayim, Patros, Kush, `Eilam, Shin’ar, Hamat en die eilande van die see, sal terugwen.
12 Hy sal ’n banier oplig vir die nasies, die uitgebandes van Yisra’el laat vergader en die verstrooides van Y’hudah bymekaarmaak uit die vier hoeke van die aarde.