1 Die profetiese gesig wat Yesha’yahu, die seun van Amotz, aangaande Bavel gesien het:
2 Lig ’n banier op die kaal berg op; roep hulle hardop toe, waai met die hand sodat hulle die deure van die edeles kan binnegaan.
3 Ek het My afgesonderdes opdrag gegee; Ek het selfs My magtige soldate geroep, My trots, jubelendes, om My woede uit te voer.
4 ’n Klank van opskudding op die berge soos die van baie mense; ’n klank van die oproer van die koninkryke van nasies wat bymekaargekom het! יהוה-Tzva’ot roep die leër op vir oorlog.
5 Hulle kom vanaf ’n ver land, van die verste horisonne af, יהוה en Sy instrumente van Sy woede, om die hele land te verwoes.
6 Huil, want die dag van יהוה is naby! Dit sal kom as die vernietiging deur die Almagtige;
7 daarom val al die hande slap en elke mens se binneste sal smelt.1 Thes 5:3