12 Ek sal die sterflike mens skaarser maak as suiwer goud en die mensdom as die goud van Ofir.
13 Ek sal daarom die hemel laat bewe en die aarde sal deur die toorn van יהוה-Tzva’ot uit sy plek geskud word in die dag van Sy brandende woede.
14 Dit sal wees soos ’n gasel wat gejag word, of soos kleinvee met niemand om hulle bymekaar te maak nie, hulle sal elkeen na sy eie volk toe draai en elkeen na sy land toe vlug.
15 Enige een wat gevind word, sal deurboor word en elkeen wat gevang word, val deur die swaard.
16 Hulle kinders sal in stukke geslaan word voor hulle oë, hul huise sal geplunder en hul vroue onteer word.
17 Let op, Ek gaan die Mede teen hulle opstook, wat silwer nie sal ag en geen behae in goud sal hê nie.
18 Hulle boë sal die jongmanne afmaai, hulle sal nie eens omgee vir die vrug van die baarmoeder nie; hulle oog sal ook nie jammer wees vir die kinders nie.