14 Dit sal wees soos ’n gasel wat gejag word, of soos kleinvee met niemand om hulle bymekaar te maak nie, hulle sal elkeen na sy eie volk toe draai en elkeen na sy land toe vlug.
15 Enige een wat gevind word, sal deurboor word en elkeen wat gevang word, val deur die swaard.
16 Hulle kinders sal in stukke geslaan word voor hulle oë, hul huise sal geplunder en hul vroue onteer word.
17 Let op, Ek gaan die Mede teen hulle opstook, wat silwer nie sal ag en geen behae in goud sal hê nie.
18 Hulle boë sal die jongmanne afmaai, hulle sal nie eens omgee vir die vrug van die baarmoeder nie; hulle oog sal ook nie jammer wees vir die kinders nie.
19 Bavel, die skoonheid van die koninkryke, die lof en eer van die Kasdeërs se trots, sal wees soos toe God S’dom en `Amorra omgekeer het.
20 Van geslag tot geslag sal dit nooit bewoon word of in geleef word nie en die Arabier sal ook nie sy tent daar opslaan nie en ook sal geen herders hulle vee daar laat lê nie,