18 Hulle boë sal die jongmanne afmaai, hulle sal nie eens omgee vir die vrug van die baarmoeder nie; hulle oog sal ook nie jammer wees vir die kinders nie.
19 Bavel, die skoonheid van die koninkryke, die lof en eer van die Kasdeërs se trots, sal wees soos toe God S’dom en `Amorra omgekeer het.
20 Van geslag tot geslag sal dit nooit bewoon word of in geleef word nie en die Arabier sal ook nie sy tent daar opslaan nie en ook sal geen herders hulle vee daar laat lê nie,
21 maar woestyn gediertes sal daar lê en hulle huise sal vol uile wees; volstruise sal ook daar leef en bokramme sal daar rondspring.
22 Hiënas sal huil in hulle versterkte torings en jakkalse in hulle luukse paleise. Haar tyd sal ook gou kom en haar dae sal nie uitgerek word nie.Yeg 47:22,23