9 Let op, die dag van יהוה kom, hardvogtig, met toorn en brandende woede, om die land verlate te maak en Hy sal die sondaars daarop uitwis,Mat 24:29
10 want die sterre van die hemel en sy konstelasies sal nie hulle lig laat skyn nie; die son sal donker wees as hy opkom en die maan sal nie sy lig laat skyn nie.
11 So sal Ek die wêreld vir sy boosheid en die morele bose vir sy permissiwiteit straf; Ek sal ook ’n einde maak aan die arrogansie van die trotses en die hoogmoed van die gewetenlose verneder.
12 Ek sal die sterflike mens skaarser maak as suiwer goud en die mensdom as die goud van Ofir.
13 Ek sal daarom die hemel laat bewe en die aarde sal deur die toorn van יהוה-Tzva’ot uit sy plek geskud word in die dag van Sy brandende woede.
14 Dit sal wees soos ’n gasel wat gejag word, of soos kleinvee met niemand om hulle bymekaar te maak nie, hulle sal elkeen na sy eie volk toe draai en elkeen na sy land toe vlug.
15 Enige een wat gevind word, sal deurboor word en elkeen wat gevang word, val deur die swaard.