3 Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine, almal huil, deurdrenk in trane.
4 Heshbon en El’aleh skree ook uit, hulle stem word gehoor al die pad tot by Yagatz; daarom skree die gewapende manne van Mo’av hardop; sy lewe sidder binne hom.
5 My verstand, wil en emosie skree uit oor Mo’av; sy vlugtelinge is sover as tot by Tzo’ar en Eglat-Sh’lishiyah, want hulle gaan die hoogte van Lugit uit met gehuil; op die pad na Horonayim skree hulle sekerlik ’n kreet van benoudheid uit oor die verwoesting,
6 want die waters van Nimrim is verlate, die gras is verseker verlep, die grasspruitjies het doodgegaan, daar is geen groenigheid nie.
7 Hulle dra daarom die oorvloed wat hulle bymekaargemaak en gestoor het oor die Wilgerspruit,
8 want die uitroep van benoudheid het in die grondgebied van Mo’av rondgegaan, sy gehuil so ver as tot by Eglayim en sy huilery selfs tot by Be’er-Elim,
9 want die waters van Dimon is vol bloed; Ek sal sekerlik meer oor Dimon bring, ’n leeu oor die vlugtelinge van Mo’av en oor die van die land wat oorgebly het.”