1 Die profetiese visioen aangaande Dammesek: “Let op, Dammesek is op die punt om as stad verwyder te word en sal ’n gevalle puinhoop word.
2 Die stede van `Aro’er is verlate; hulle sal vir die troppe vee wees om in te lê en daar sal niemand wees om hulle bang te maak nie.
3 Die versterkte stad sal verdwyn uit Efrayim en koningskap uit Dammesek; die wat oorbly van Aram sal wees soos die lof en eer van die seuns van Yisra’el,” verklaar יהוה-Tzva’ot.
4 “In daardie dag sal die lof en eer van Ya’akov wegkwyn en die vettigheid van sy vlees sal maer word.
5 Dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are oes; of dit sal wees soos iemand wat are optel in die vallei van Refa’im.Yeg 20:38
6 Tog sal ’n na-oes daarin gelos word soos by die skud van ’n olyfboom: twee, drie olywe aan die heelboonste tak; vier, vyf aan die takke van ’n vrugbare boom,” verklaar יהוה, die God van Yisra’el.
7 “In daardie dag sal die mens sy Maker in ag neem en sy oë sal kyk na die Afgesonderde Een van Yisra’el.