11 Die prinse van Tzo’an is maar net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het onnosel geword. Hoe kan julle vir Farao sê: ‘Ek is ’n seun van die wyse, ’n seun van antieke konings?’
12 Wel, waar is jou wyse manne? Laat hulle jou asseblief vertel en laat hulle verstaan wat יהוה-Tzva’ot se doel teen Mitzrayim is.
13 Die prinse van Tzo’an het dwaas opgetree, die prinse van Nof is mislei; Mitzrayim is op ’n dwaalweg gebring deur die hoeksteen van sy stamme.
14 יהוה het binne haar ’n gees van verdraaiing gemeng en die Mitzrayiet op ’n dwaalweg gebring in alles wat hy doen, soos ’n dronkaard steier in sy uitbraaksel.
15 Daar sal ook geen leier in Mitzrayim wees wat kop of stert, palmtak of biesie daarvan kan verstaan nie.
16 In dié dag sal die Mitzrayiet word soos vroue en hulle sal bewe en in angs wees vir die waai van die hand van יהוה-Tzva’ot wat Hy oor hulle gaan waai.
17 Die land van Y’hudah sal vir die Mitzrayiete ’n verskrikking wees; elkeen aan wie dit genoem word sal in angs daaroor wees, vanweë die doel van יהוה-Tzva’ot wat Hy teen hulle beplan het.