18 In dié dag sal daar vyf stede in die land van Mitzrayim wees wat die taal van Kena’an praat en by יהוה-Tzva’ot sweer; een sal ‘die Stad van vernietiging’ genoem word.
19 In dié dag sal daar ’n altaar tot יהוה in die middel van die land van Mitzrayim wees en ’n pilaar vir יהוה naby sy grens.
20 Dit sal ’n teken en ’n getuie word vir יהוה-Tzva’ot in die land van Mitzrayim, want hulle sal uitroep na יהוה as gevolg van onderdrukkers en Hy sal vir hulle ’n Redder en ’n Kampioen stuur en Hy sal hulle bevry.
21 So sal יהוה Homself bekend maak aan Mitzrayim en die Mitzrayiete sal יהוה in dié dag ken. Hulle sal Hom selfs dien met slagoffers en offers en ’n gelofte doen aan יהוה en dit uitvoer.
22 יהוה sal Mitzrayim slaan, slaan, maar genees; so sal hulle terugdraai na יהוה en Hy sal hulle antwoord en hulle genees.
23 In dié dag sal daar ’n grootpad wees van Mitzrayim na Ashur en die Ashuriërs sal in Mitzrayim kom en die Mitzrayiete in Ashur en die Mitzrayiete sal saam met die Ashuriërs aanbid.
24 In dié dag sal Yisra’el die derde wees naas Mitzrayim en Ashur, ’n seën in die middel van die aarde,