22 יהוה sal Mitzrayim slaan, slaan, maar genees; so sal hulle terugdraai na יהוה en Hy sal hulle antwoord en hulle genees.
23 In dié dag sal daar ’n grootpad wees van Mitzrayim na Ashur en die Ashuriërs sal in Mitzrayim kom en die Mitzrayiete in Ashur en die Mitzrayiete sal saam met die Ashuriërs aanbid.
24 In dié dag sal Yisra’el die derde wees naas Mitzrayim en Ashur, ’n seën in die middel van die aarde,
25 wat deur יהוה-Tzva’ot geseën is, met die woorde: “Geseënd is Mitzrayim, My volk, Ashur, die werk van My hande en Yisra’el, My erfenis!”