4 Meer nog, Ek sal Mitzrayim oorgee in die hand van ’n wrede meester en ’n magtige koning sal oor hulle heers,” verklaar die Meester, יהוה-Tzva’ot.
5 Die waters sal vanuit die see opdroog en die rivier sal verskroei en droog lê.
6 Die kanale sal ’n stank afgee; die strome van Mitzrayim sal uitdun en opdroog; die riete en biesies sal wegvrot.
7 Die weivelde langs die Nyl, by die mond van die Nyl en al die saailande langs die Nyl sal droog word, weggedryf en nie meer wees nie.
8 Die vissermanne sal kla en almal wat lyne in die Nyl uitgooi, sal rou en dié wat visnette uitsprei oor die waters, sal wegkwyn.
9 Meer nog, die vervaardigers van linne, gemaak van geborselde vlas en die wewers van wit stowwe, sal totaal mismoedig wees.
10 Die pilare sal vergruis word; al die loonarbeiders sal sielsbedroef wees.