6 Die kanale sal ’n stank afgee; die strome van Mitzrayim sal uitdun en opdroog; die riete en biesies sal wegvrot.
7 Die weivelde langs die Nyl, by die mond van die Nyl en al die saailande langs die Nyl sal droog word, weggedryf en nie meer wees nie.
8 Die vissermanne sal kla en almal wat lyne in die Nyl uitgooi, sal rou en dié wat visnette uitsprei oor die waters, sal wegkwyn.
9 Meer nog, die vervaardigers van linne, gemaak van geborselde vlas en die wewers van wit stowwe, sal totaal mismoedig wees.
10 Die pilare sal vergruis word; al die loonarbeiders sal sielsbedroef wees.
11 Die prinse van Tzo’an is maar net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het onnosel geword. Hoe kan julle vir Farao sê: ‘Ek is ’n seun van die wyse, ’n seun van antieke konings?’
12 Wel, waar is jou wyse manne? Laat hulle jou asseblief vertel en laat hulle verstaan wat יהוה-Tzva’ot se doel teen Mitzrayim is.