16 teen al die skepe van Tarshish en teen al die mooi handewerk.
17 Die trots van die mens sal nederig gemaak word en die hoogmoed van die mens afgebring word en יהוה alleen sal in dié dag opgelig word,
18 maar die afgode sal geheel en al verdwyn.
19 Die mens sal in grotte van die rotse en in gate van die grond ingaan voor die verskrikking van יהוה en die grootheid van Sy majesteit, wanneer Hy opstaan om die aarde te laat bewe.
20 In dié dag sal die mens sy afgode van silwer en sy afgode van goud, wat hulle vir hulself gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise,
21 om in te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse voor die verskrikking van יהוה en die grootheid van Sy majesteit, wanneer Hy opstaan om die aarde te laat bewe.
22 Hou op om die mens te ag, wie se asem in sy neus is (om haastig te wees), want van watter waarde is hy?Ps 23:4 uit Yerushalayim en Y’hudah verwyder; die ganse voorsiening van brood en die ganse voorsiening van water;