1 In die jaar toe die bevelvoerder na Ashdod gekom het, toe Sargon, die koning van Ashur, hom gestuur het en hy teen Ashdod baklei en dit ingeneem het;
2 in dié tyd het יהוה deur Yesha’yahu, die seun van Amotz, gepraat en gesê: “Gaan maak die roukleed van jou heupe af los en trek jou skoene van jou voete af.” Hy het so gedoen en kaal en kaalvoet geloop.
3 יהוה het gesê: “Net soos My dienskneg Yesha’yahu kaal en kaalvoet geloop het vir drie jaar lank as ’n teken en bewys teen Mitzrayim en Kush,
4 so sal die koning van Ashur die gevangenes van Mitzrayim en die ballinge van Kush weglei, jonk en oud, kaal en kaalvoet, met agterstewes ontbloot, tot die skande van Mitzrayim.