3 יהוה het gesê: “Net soos My dienskneg Yesha’yahu kaal en kaalvoet geloop het vir drie jaar lank as ’n teken en bewys teen Mitzrayim en Kush,
4 so sal die koning van Ashur die gevangenes van Mitzrayim en die ballinge van Kush weglei, jonk en oud, kaal en kaalvoet, met agterstewes ontbloot, tot die skande van Mitzrayim.
5 Dan sal hulle ontsteld en beskaamd wees as gevolg van Kush, hulle hoop en Mitzrayim, hulle trots.
6 So sal die inwoners van hierdie kusland in dié dag sê: ‘Let op, dít is ons hoop, waarheen ons gevlug het om hulp, om bevry te word van die koning van Ashur en ons, hoe sal óns ontvlug?’”