5 Hulle dek die tafel, gooi die lap oor, hulle eet, hulle drink: “Staan op, bevelvoerders, salf die skilde,”
6 want so sê יהוה vir my: “Gaan, plaas die brandwag, laat hom rapporteer wat hy sien.
7 Wanneer hy ‘n strydwa sien, ‘n paar perderuiters, ’n ruiter op ‘n donkie en ’n ruiter op ‘n kameel, laat hom ernstig aandag gee, baie ernstig.”
8 Toe het die brandwag geroep: “O יהוה, ek staan voortdurend op die wagtoring in die dag en ek is op my wagpos elke nag.Open 14:8
9 Nou, let op, hier kom een van die paar perderuiters en hy het gesê: ‘Geval, Bavel het geval en al die beelde van haar gode is stukkend op die grond’.”
10 O my gedorstes en geteisterdes van die dorsvloer, wat ek gehoor het van יהוהTzva’ot, die God van Yisra’el, maak ek aan julle bekend!
11 Die profetiese visioen aangaande Edom: een hou aan om my van Se’ir af te roep: “Waaksman, hoe ver is die nag verby? Waaksman, hoe ver is die nag verby?”