12 daarom het die Meester, יהוה-Tzva’ot, jou in daardie dag geroep tot gehuil en tot weeklag, tot kaal skeer van die kop en om ’n roukleed te dra.
13 In plaas daarvan, is daar vrolikheid en blydskap, doodmaak van beeste en slag van skape, eet van vleis en drink van wyn: “Laat ons eet en drink, want môre mag ons sterf.”
14 יהוה-Tzva’ot het Homself aan my openbaar: “Hierdie oortreding sal julle nie vergewe word nie totdat julle doodgaan,” sê die Meester, יהוה-Tzva’ot.
15 So sê die Meester, יהוה-Tzva’ot: “Kom, gaan na hierdie bestuurder, na Shevnah, wat oor die huishouding aangestel is:
16 ‘Watter reg het jy hier en wie het jy hier dat jy vir jouself ’n graf hier uitgekap het, jy wat ’n graf in die hoogte uitkap, wat vir jouself ’n rusplek in die rots uitkerf?
17 Let op, יהוה is op die punt om jou sekerlik weg te slinger, o mens en jou sekerlik te verlaat,
18 jou te teister soos die teistering van ’n groep soldate wat in ’n stad beleër is sonder uitkoms; daar sal jy sterf en daar sal jou pronk strydwaens wees, skande van jou meester se huis!’