21 en Ek sal hom aantrek met jou kleed en jou serp stewig om hom bind. Ek sal hom onveranderlik toevertrou met jou outoriteit en hy sal vir die inwoners van Yerushalayim en vir die huis van Y’hudah ’n vader wees.Open 3:7
22 Dan sal Ek die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer sit; wanneer hy oopmaak, sal niemand sluit nie; wanneer hy sluit, sal niemand oopmaak nie.
23 Ek sal hom inslaan soos ’n pen in ’n vaste plek en hy sal ’n troon van lof en eer word vir sy vader se huis.
24 Hulle sal al die lof en eer van sy vader se huis, nageslag en sake, al die kleinste van houers, van komme af tot al die kruike aan hom hang.”
25 “In daardie dag,” verklaar יהוה-Tzva’ot, “sal die pen wat in ’n stewige plek ingeslaan is padgee; dit sal afbreek en val en die vrag goed wat daaraan hang, sal afgesny word, want יהוה het gepraat.”