7 Dit sal gebeur dat jou beste valleie met strydwaens gevul word en die ruiters vaste posisies inneem by die poort
8 en die verdediging van Y’hudah sal weggevat word. In daardie dag het jy staat gemaak op die wapens van die Huis van die Woud
9 en julle het gesien dat die breuke in die stad van Dawid baie is en julle het die waters van die onderste poel opgevang.
10 Toe het julle die huise van Yerushalayim getel en huise afgebreek om die muur te versterk.
11 Julle het ook ’n opgaarplek tussen die twee mure gemaak vir die water van die ou poel, maar julle het nie staat gemaak op Hom wat dit gemaak het nie en Hom wat dit lankal beplan het, ook nie in ag geneem nie;
12 daarom het die Meester, יהוה-Tzva’ot, jou in daardie dag geroep tot gehuil en tot weeklag, tot kaal skeer van die kop en om ’n roukleed te dra.
13 In plaas daarvan, is daar vrolikheid en blydskap, doodmaak van beeste en slag van skape, eet van vleis en drink van wyn: “Laat ons eet en drink, want môre mag ons sterf.”