11 Hy het Sy hand uitgestrek oor die see, Hy het koninkryke laat bewe; יהוה het ’n bevel gegee met betrekking tot Kena’an, om sy vestings af te breek.
12 Hy het gesê: “Jy sal nie meer uitgelate wees nie, o onteerde maagdelike dogter van Tzidon! Staan op, vaar oor na Kittim; selfs daar sal jy geen rus kry nie.
13 Let op, die land van die Kasdeërs; dit is die volk wat nie was nie; Ashur het dit bestem vir woestyngediertes; hulle het hul beleëringstorings opgerig, hul paleise gestroop, dit ’n puinhoop gemaak.
14 Huil, o skepe van Tarshish, want julle vesting is verwoes!
15 In daardie dag sal Tzor vergeet word vir sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tzor gebeur volgens die lied van die hoer:
16 “Vat die harp, gaan rond in die stad, o vergete hoer! Speel die snare bekwaam, sing baie liedere sodat jy onthou kan word.”
17 Dit sal gebeur aan die einde van sewentig jaar dat יהוה Tzor sal besoek. Dan sal sy terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke wat op die aardbodem is.Yeg 28