12 Hy wat aan hulle gesê het: “Hier is rus, gee rus aan die vermoeides” en “hier is verfrissing,” maar hulle wou nie luister nie.
13 So sal die woord van יהוה vir hulle wees: “Vuilheid is op vuilheid, vuilheid op vuilheid, braaksel is op braaksel, braaksel op braaksel, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie” sodat hulle kan gaan en agteruit struikel, gebreek word, in ’n strik val en gevang word.
14 Hoor daarom die Woord van יהוה, julle spotters, wat heers oor hierdie volk wat in Yerushalayim is
15 omdat julle gesê het: “Ons het ’n verbond met die dood gesluit en met Sh’ol het ons ’n verdrag aangegaan. Die oorweldigende gésel sal ons nie bereik wanneer Hy verbykom nie, want ons het valsheid ons skuilplek gemaak en onsself in misleiding weggesteek;”Rom 9:33; 1 Kef 2:6
16 daarom, so sê die Meester יהוה: “Let op, Ek lê in Tziyon ’n Steen, ’n beproefde Steen, ’n duur Hoeksteen vir die fondasie, stewig neergesit. Hy wat daarin vertrou, sal nie bang wees nie.
17 Ek sal die regverdige oordeel tot ’n maatband maak en onpartydige opregtheid die waterpas; dan sal hael die skuiling van leuens wegvee en die waters die geheime plek oorspoel.
18 Julle verbond met die dood sal gekanselleer word en julle verdrag met Sh’ol nie staan nie; wanneer die oorweldigende gésel deurtrek, sal julle deur Hom vertrap word.