19 So dikwels as wat hy deurtrek, sal Hy julle gryp, want oggend na oggend sal Hy deurtrek, dag of nag en dit sal suiwer angs wees om te verstaan wat dit beteken.”
20 Die bed is te kort om op uit te strek en die kombers te klein om jouself in toe te draai,
21 want יהוה sal opstaan soos by die berg P’ratzim; Hy sal opgewerk wees soos in die vallei van Giv’on om Sy taak uit te voer, Sy ongewone taak en om Sy werk te verrig, Sy uitsonderlike werk!
22 Gedra julle nou nie soos spotters nie, of julle bande sal sterker gemaak word, want ek het van die Meester, יהוה-Tzva’ot, gehoor van ’n vasgestelde vernietiging oor die hele aarde.
23 Gee gehoor en hoor my stem; luister en hoor my boodskap!
24 Ploeg die boer voortdurend om te saai? Skeur hy sy akker voortdurend oop en eg die grond?
25 Maak hy nie die oppervlak gelyk en saai vinkel, strooi komyn, plant koring in rye en gars in hulle plek en rog om sy rand, nie?