7 Hierdie het ook oortree met wyn en oorboord gegaan met sterk drank: die priester en die profeet het oortree met sterk drank,
8 want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sonder ’n enkele skoon plek.Mal 2:5-9; Heb 5:12-14
9 Vir wie wil hy kennis leer en vir wie wil hy die boodskap interpreteer? Vir hulle wat van melk gespeen is? Dié wat van die borste weggevat is?
10 Want, “vuilheid is op vuilheid, vuilheid op vuilheid, braaksel is op braaksel, braaksel op braaksel, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie.”
11 Hy sal inderdaad met hierdie volk praat deur hakkelende lippe en ’n vreemde tong,
12 Hy wat aan hulle gesê het: “Hier is rus, gee rus aan die vermoeides” en “hier is verfrissing,” maar hulle wou nie luister nie.
13 So sal die woord van יהוה vir hulle wees: “Vuilheid is op vuilheid, vuilheid op vuilheid, braaksel is op braaksel, braaksel op braaksel, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie” sodat hulle kan gaan en agteruit struikel, gebreek word, in ’n strik val en gevang word.