1 Wee Ari’el, Ari’el, (simboliese naam van Yerushalayim) die stad waar Dawid eens gekamp het! Voeg jaar by jaar, laat hulle die feeste hou.
2 Tog sal Ek benoudheid oor Ari’el bring en dit sal ’n geklaag en gerou wees en dit sal vir My soos ’n Ari’el (Leeu van die Magtige God) wees.
3 Ek sal kamp opslaan teen jou en jou omsingel en Ek sal beleringswerke en gevegstorings teen jou oprig.
4 Dan sal jy laag gebring word; vanaf die aarde sal jy praat en vanuit die stof waar jy platlê sal jou woorde kom. Jou stem sal wees soos die van ’n gees vanuit die grond en jou stem sal fluister vanuit die stof,
5 maar die menigte van jou vyande sal word soos fyn stof en die menigte van die gewetenloses soos die kaf wat wegwaai; dit sal gou, onverwags gebeur.
6 Vanaf יהוה-Tzva’ot sal jy gestraf word met donder en aardbewing en groot geraas, warrelwind en storm en die vlam van ’n verterende vuur.
7 Die menigte van al die nasies wat oorlog maak teen Ari’el, almal wat teen hom en sy vesting oorlog maak en hom benoud maak, sal soos ’n droom wees, ’n visioen van die nag.