12 Dan sal die boek vir iemand gegee word wat nie kan lees nie, met die woorde: “Lees hierdie asseblief,” en hy sal sê: “Ek kan nie lees nie.”Mat 15:8,9; Mar 7:6,7
13 Toe het יהוה gesê: “Omdat hierdie volk naderkom met hulle woorde en My eer met hulle lippediens, maar hulle hul verstand, wil en emosie ver van My verwyder is en hulle respekvolle vrees vir My uit ’n aangeleerde tradisie bestaan;Luk 10:21; 1 Kor 1:19
14 let op, sal Ek weereens wonderlik handel met hierdie volk, wonderbaarlik wonderlik en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan en die onderskeiding van hul onderskeidende manne sal weggesteek word.”
15 Wee hulle wat hul planne diep wegsteek vir יהוה, wie se werk in duisternis plaasvind en sê: “Wie sien ons” en “wie ken ons?”Yes 45:9; Rom 9:20
16 Julle draai dinge om! Moet die pottebakker as gelyk met die klei beskou word sodat wat gemaak is vir sy maker kan sê: “Hy het my nie gemaak nie,” of wat gevorm is vir hom wat hom gevorm het kan sê: “Hy het geen begrip nie?”
17 Is dit nie net nog ’n baie kort rukkie voordat die L’vanon in ’n vrugbare land verander word en die vrugbare land as ’n woud beskou word nie?Mat 11:5
18 In dié dag sal die dowes woorde uit ’n boek hoor en uit hulle donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.