3 die bevelvoerder oor vyftig en die eerbare man, die raadsman en die meester ambagsman en die ervare besweerder.
4 Ek sal seuns aanstel as hulle prinse en moedswillige seuns sal oor hulle heers.
5 Die mense sal onderdruk word, elkeen deur ’n ander en elkeen deur sy naaste; die jeug sal teen die oueres en die ondergeskiktes teen die eerbares aanstorm.
6 Wanneer ’n man sy broer in die huis van sy vader gryp en sê: “Jy het ’n kleed, jy moet ons heerser wees en hierdie puinhoop regeer,”
7 dan sal hy in dié dag protesteer en sê: “Ek sal nie julle leier wees nie, want in my huis is daar geen brood of kleed nie; julle kan my nie aanstel as heerser oor die mense nie,”
8 want Yerushalayim het gestruikel en Y’hudah het geval, want hulle gepraat en hulle dade is teen יהוה, om teen Sy verhoogde Teenwoordigheid te rebelleer.
9 Die uitdrukking van hulle gesigte getuig teen hulle en hulle vertoon hulle sonde soos S’dom; hulle steek dit nie eens weg nie. Wee hulle, want hulle het boosheid op hulleself gebring!