1 “Wee die opstandige seuns,” sê יהוה, “wat ’n plan uitvoer, maar nie Myne nie, wat ’n alliansie maak, maar nie van My Gees nie, om sodoende sonde by sonde te voeg;
2 wat voortgaan af na Mitzrayim sonder om My te raadpleeg, om toevlug te soek onder die veiligheid van Farao en om skuiling te soek in die skaduwee van Mitzrayim!
3 Die veiligheid van Farao sal daarom julle skande wees en die skuiling in die skaduwee van Mitzrayim julle vernedering,
4 want hulle prinse is by Tzo’an en hulle ambassadeurs het in Hanes aangekom.