7 na Mitzrayim, wie se hulp nietig en leeg is; daarom noem ek haar: “Die sterkte wat uitgeskakel is.”
8 Gaan nou, skryf dit op ’n tablet in hulle teenwoordigheid en graveer dit op ’n boekrol dat dit kan dien in die toekoms, as ’n getuie vir ewig,
9 want hierdie is ’n rebelse volk, valse seuns, seuns wat weier om te luister na die instruksies van יהוה;
10 wat aan die sieners sê: “Moenie sien nie!” en vir die profete: “Moenie vir ons profeteer wat reg is nie; praat aangename woorde met ons, profeteer valshede.
11 Kom weg van die pad af, draai weg van die pad, laat ons niks meer hoor van die Afgesonderde Een van Yisra’el nie!”
12 Die Afgesonderde Een van Yisra’el sê daarom so: “Omdat julle hierdie boodskap verwerp het en julle vertroue geplaas het op onderdrukking en bedrog en daarop gesteun het,
13 sal hierdie oortreding vir julle wees soos ’n skeiding op die punt om te val, ’n bult in ’n hoë muur, wie se ineenstorting skielik, in ’n oomblik kom,