4 want so sê יהוה vir my: “Soos die leeu of die jong leeu grom oor sy prooi wanneer ’n groep herders teen hom uitgeroep word, sal hy nie beangs wees vir hulle stem of omgekrap wees oor hulle geraas nie, só sal יהוה-Tzva’ot afkom om oorlog te maak vir die berg Tziyon en sy heuwel.”
5 Soos swewende voëls, so sal יהוה-Tzva’ot op Yerushalayim afkom. Hy sal afkom om dit te beskerm, te bevry en dit red.
6 Draai terug na Hom van Wie julle ver weggeval het, o seuns van Yisra’el,
7 want in dié dag sal elke mens sy silwer afgode en sy goue afgode weggooi, wat julle sondige hande vir julle as ’n sonde gemaak het.2 Kon 19:37
8 Ashur sal val deur ’n swaard, nie van ’n man nie en ’n swaard, nie van ’n mens nie, sal hom verteer. So sal hy nie die swaard ontvlug nie en sy jongmanne sal dwangarbeiders word.
9 “Hy sal bly in sy rotsagtige blyplekke en sy prinse sal oorwin word voor die banier,” verklaar יהוה, wie se vuur in Tziyon is en wie se vuuroond in Yerushalayim is.