1 Let op, ’n koning sal in onpartydige opregtheid regeer en prinse sal regverdig heers.
2 Elkeen sal wees soos ’n toevlug teen die wind en ’n skuiling teen die storm, soos waterstrome in ’n droë land, soos die skaduwee van ’n groot rots in ’n geskroeide land.
3 Dan sal die oë van die wat sien nie meer verblind wees nie en die ore van die wat luister, sal hoor.
4 Die verstand van die onverstandiges sal die waarheid onderskei en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te praat.
5 Die dwaas sal nie meer edel genoem word nie, of die skurk van gepraat word as verlosser nie,
6 want ’n dwaas praat onsin en sy verstand, wil en emosie neig na wetteloosheid: om boosheid te doen en leuens teen יהוה te praat; om die honger persoon onversadig te hou en drinkgoed terug te hou van hulle wat dors is.